Hoe ouer ek word hoe meer verbaas mense my, wat ek altyd gedink het is “cool” trek ek deesdae my neus voor op. Hier is my storie van ‘n hoë klas hoer, ja jy hoor my heeltemal reg. Miskien is ek ‘n bietjie kras, maar my kop stories val soos klippe in my mond wat ek moet uitspoeg.

Dis oggend, ek sit rustig en werk toe my foon lui. ‘n Kennis van 28 jaar, ‘n pragtig vrou. Sy rits hier in my vallei rond. Een fansie partytjie in Plett met al daardie opgetooide mense en dan George toe, nog ‘n spoggerige plek van ‘n vriendin. So ek is klaar ingelig, daar is net tyd vir ‘n vinnige koffie!! “Ja se ek, maak gerus ‘n draai, dit sal lekker wees om jou te sien”

‘n Uur later daag sy op, die BMW werk homself in die parkeer plek in met ‘n ritmiese elegansie wat net die’ kan doen. Die koppe draai toe sy uit klim, soos ek sê, sy’s ‘n mooi vrou. Dis bos krul blonde hare bons onder  die sonlig en omsingel ‘n te mooi gesigie. Die lyfie is knap, mooi gebou. Ek glimlag, “Jo” dink ek, sy is darem vir jou mooi, en dan lyk sy so goed vir haar jare, dis nou die 50tigs. Ek voel sommer skaam en trots op die ingewing van die oomblik. Ek staan bietjie regopper en trek my maag in. Probeer so kyk dat die plooie nie te sigbaar is nie, deesdae lyk dit of ek ‘n gekreukelde laken oor my gesig getrek het. Die rolletjies sit lekker om my lyfie, en maak seker dit wys dat daar nie te veel oefening te gepaart gaan met my leefwyse nie.  In ieder geval, hier is ek nou.

Ons begin gesels, paart oor die en daaitjies van die lewe. Al weer ‘n liefdesterleurstelling; die keer is dit ‘n verslawing aan seks en kokaiene. “Ai” sê ek, hoekom het jy hom nie lankal gelos nie. Nee, sê sy, sy kon dit nog handteer tot onlangs. Ok… Die man is al 70. “Hy is besig” dink ek. Maar het baie geld. Ok…wat gaan jy nou doen. Sy het uitgetrek, nuwe plekkie, maar moet nou haar eie pootjie skrop. “Dis goed” sê ek, kan jouself weer aanmekaar las, weer begin. Nuwe spasie, nuwe uitdaging vir jouself. Ek trots op haar. O, het ook haar werk verloor, ai, dis tuff, sy moet regtig van voor af begin. Maar sy is ‘n pakkie denamiet, ek weet sy sal weer ‘n sukses maak van haarself. Het nog altyd.

Toe begin die stories… het hierdie man ontmoet. Hy het dit en dat. En ook hierdie een, hy het dit en dat. Nog een stel ook belang maar dink nie dis haar styl nie. Die een nooi haar uit na ‘n verwegplek, luuks, reis die wêreld vol, pragtige foto’s. Die ander is ook baie cool, maar hy moet maar ‘n bietjie harder werk vir haar aandag. Sy weet nie, sal maar sien wie sy gaan kies. Die kiekies is op die selfoon, kyk, so lyk die een, en so lyk die ander. Ok, niks om oor huistoe te skryf nie, hulle is seker ok. Ek swipe ewe rustig na regs. Hier voor my, staan die ding kiets regop, ‘n “D-pic” Ek’s Jammer stammer ek; het nie geweet nie. Ek kry nou skaam. Gee die foon so vinnig terug, mens so sweer dis aan die brand! Maar nee, in plaas van skaam, kry sy haar ritme so ewe rustig. O, dis die een s’n en so lyk die ander een s’n. Ek kyk, so angstig om my rond. Asb, ek hoop niemand kyk in hierdie rigting nie. Kopverdomde, haal die foon uit my gesig uit, skree my kop. Ja, Ja se ek ok….

Die gesprek gaan aan. Die ys is nou gebreek. Dis die een is beter in die bed as daai een. Beste seks hier. Ok, ons het seker almal ons “needs” dink ek. Kom ons eet iets, sê sy. Kan net groen goed eet, “dit wys” dink ek as ek so na die eina lyfie kyk. Maak hulle slaai hier?

Sy koop. Sy is darem oortuig om ‘n pastei met my te deel. Hoender pot pastei. Ons eet, Ek duik in, eet lustig, sy peusel. Ek hou dadelik op eet, voel skoon skuldig omdat ek my kos geniet. Vat nou net so klein happie , ek wil by hou met die stadig eet jy sien? Kan nie sonder botox lewe nie. O, dink ek, so dis nie alles natuurlik nie, ok… Mal oor ‘n groen twakkie of twee, en ander lekker illusiese hulpmiddels. Ek is verbaas, het nooit geweet nie. Ek wil nie oordeel nie. Ken haar al so lank…

In my ouer wysheid ( of nie) sien ek die prentjie duidelik in my kop, ‘n patroon vorm, dis al jare se kak die!! 28 jaar van een man na die ander. Ek vra haar: “Wat is dit nou eindlik wat jy in ‘n man soek?” Hoe moet hy jou laat voel? Nee sy weet nie, hy moet net ambisieus wees. Ek kyk na die mooi gesiggie en die groot oë, die blonde bonsende krulle en dink by myself. Ai mens!!

Dis mannejagter eksklusief hierdie, van die een beursie na die ander. Ek draai my kop so skuins. Dink aan al my skete en pyne. My lag lyne, my amper gekleurde hare, my ou klere. My ou krokkie van ‘n kar wat daar buite staan, my klein volgepropte huur huise op die plasie hier buite. Ek kyk binne in my hart, hy is vol. Loop oor van myself – my geluk, my liefde, my hartseer, my struwelinge….maar dis myne, en ek is gelukkig daaroor !! En nou voel ek of ek wil weg hardloop. Om so pretentieus te wees, dis flippen siels verminking. Dit leef van skuld kopie na skuld kopie net om die gedaante te behou. Moet goed lyk, moet ryk lyk, moet ‘n man vang….

Sy is nou nie meer vir my mooi nie, dis lelik in ‘n mooi dop. Dis net geld en wie sien my met wat. Ons groet, ek druk haar. Wonder of ek jou weer sal sien? As dit goed gaan, sien ek haar nooit nie, as dit sleg gaan, ander storie. Wie weet. Verkoop aan die hoogste dienaar! ‘n Veiling vir die volgende lopie. Sterkte, sê ek. Ek bedoel dit.